Ek is so ontsettend geseënd met hierdie wonderlike projek. Dit by egter ook vir my belangrik om terug te gee aan die gemeenskap.
Ons grootse uitdaging in hierdie land is nie net om kos te gee nie maar soms saam kos te maak en saam te eet. Liefde vra meer as net liefdadigheid. Om om te gee (om – te -gee) beteken nie net om iets te gee nie maar om jouself te gee.
Om met ander te deel en hulle nie te gooi met oorblywende krummels nie. ’n Mens moet elke dag goed doen aan ander. Maar doen ons dit? Is dit al so deel van ons leefwyse om goed te doen vir ander wat dit nodig het.
Kan ons regtig met soveel oortuiging sê dat ons daagliks met liefdadigheid betrokke is? Ek was nog altyd baie ten gunste van liefdadigheid, alhoewel ek nooit regtig die geleentheid gekry het om van myself te gee nie.
Die geleentheid om iets goeds te doen, iets anders en iets waarvoor ek nie betaal word nie. Iets van myself en nie iets uit my beursie nie. Deur goeddoen dae of goeddoen aksies moedig dit dalk net nog ’n persoon aan om dit te begin doen.
Wanneer ons wel van so ’n geleentheid hoor om te help is ons so geneig om te dink “daar is baie ander wat dit doen, hierdie is sekerlik nie vir my nie”.
Hospice gee om vir die wat doodgaan, want hulle lewe nog.
Dit is reeds ’n dame van hospice wat my toe nader om “Stukkie van my Hart” aan hulle te skenk vir liefdadigheid.
Stukkie van my hart het soveel keer al vanself gespreek, sy eie weg gevind en soveel mense se lewens aangeraak.
Hierdie harde werk lewer nou vrugte, ek kan nou terugsit en kyk hoe hierdie stukkie van my hart nou grootword en ander mense help en so my toe laat om terug te gee aan die gemeenskap.
Afhangend van die sukses van “Stukkie van my hart” se liefdadigheids pad sal ek dalk weer so ’n reuse-taak aandurf in die toekoms?
Stukkie van my My hart is beskikbaar by die boek verkoping ten bate van Hospice op 27 Julie 2013 by Clearwater winkelsentrum.