Wednesday, 24 July 2013

Liefdadigheid

Ek is so ontsettend geseënd met hierdie wonderlike projek.  Dit by egter ook vir my belangrik om terug te gee aan die gemeenskap.
Ons grootse uitdaging in hierdie land is nie net om kos te gee nie maar soms saam kos te maak en saam te eet. Liefde vra meer as net liefdadigheid.  Om om te gee (om – te -gee) beteken nie net om iets te gee nie maar om jouself te gee.
Om met ander te deel en hulle nie te gooi met oorblywende krummels nie. ’n Mens moet elke dag goed doen aan ander. Maar doen ons dit?  Is dit al so deel van ons leefwyse om goed te doen vir ander wat dit nodig het.
Kan ons regtig met soveel oortuiging sê dat ons daagliks met liefdadigheid betrokke is? Ek was nog altyd baie ten gunste van liefdadigheid, alhoewel ek nooit regtig die geleentheid gekry het om van myself te gee nie.
Die geleentheid om iets goeds te doen, iets anders en iets waarvoor ek nie betaal word nie. Iets van myself en nie iets uit my beursie nie. Deur goeddoen dae of goeddoen aksies moedig dit dalk net nog ’n persoon aan om dit te begin doen.
Wanneer ons wel van so ’n geleentheid hoor om te help is ons so geneig om te dink “daar is baie ander wat dit doen, hierdie is sekerlik nie vir my nie”.
Hospice gee om vir die wat doodgaan, want hulle lewe nog.
Dit is reeds ’n dame van hospice wat my toe nader om “Stukkie van my Hart” aan hulle te skenk vir liefdadigheid.
Stukkie van my hart het soveel keer al vanself gespreek, sy eie weg gevind en soveel mense se lewens aangeraak.
Hierdie harde werk lewer nou vrugte, ek kan nou terugsit en kyk hoe hierdie stukkie van my hart nou grootword en ander mense help en so my toe laat om terug te gee aan die gemeenskap.
Afhangend van die sukses van “Stukkie van my hart” se liefdadigheids pad sal ek dalk weer so ’n reuse-taak aandurf in die toekoms?

Stukkie van my My hart is beskikbaar by die boek verkoping ten bate van Hospice op 27 Julie 2013 by Clearwater winkelsentrum.

Saturday, 22 June 2013

Vir Oupa Ampie

Vandag is daar geen storie, geen pad geloop of bietjie raad nie. Vandag onthou ons vir Abraham Carel Else. Hy was n pa, n man en n oupa en n groot deel van stukkie van my hart!

Hy is vandag 23 jaar oorlede.


Vir Buks
Stil

Langsaam rek die skadu's
As die son skuins gaan le
Een ry voetspore deur die sand
Tot by die water kant
Swyend stil die watervlak
As die bootjie die eiland nader
Die koue donker stilte sak dan neer
Die bootjie het omgekeer
Meskien n prewel roep om hulp
Versmoor die stem in water sloep
Bewegend deur die watervlak
Die asemteug nou baie swak
Nag geluide steur die nag
Net water kibbel sag
Roerloos stil gesig na bebede
Heer U alleen ken daardie smede.

Wednesday, 19 June 2013

Boeke & Goete



Dit is miljoene mense op aarde se wens om ’n boek te skryf.
Stukkie van my hart is gebore uit ’n behoefte vir ’n kloppende leemte. Ek het 24 uur in ’n dag gehad en dit het van my afgehang wat ek met daardie tyd kon doen. Ek moes probeer, gedigte skryf nie hulle self nie.
Kook ’n eier, eet hom soos jy wil, breek dan die dop in stukkies en bou ’n woord daarmee. Skryf is moeite, net soos om ’n eier te kook, sy dop in stukkies te breek ’n woord te bou en dan op te ruim. Skryf beteken iets anders vir elkeen, iets moes gebreek word, toe is daar bietjie van ’n gemors en toe is daar moontlikhede, daar is nie resepte vir skryf nie. Skryf is moeite. Dit was gaos mens kan mos nie uit ’n reg gepakte kas skryf nie. Wat ek geweet het, was dit wat ek van myself geweet het en my ondervindinge en dat ek dit met ander moes deel met respek vir my en my lesers. Stukkie van my hart was die herskep van woorde, woordordes en sinne en alles wat ek kon vind. Stukkie van my hart was n gesoek, soeke van die verlede, die hede en dalk die toekoms. Stukkie van my hart is geskryf om te wonder, wonder hoekom en wonder waarom, niemand het tog finale antwoorde nie.
Wat was die vraag nou weer?  
Toe word woorde sinne, sinne paragrawe en paragrawe ’n hele boek. Ek het alles wat ek geweet het, gedink ek geweet het of dalk regtig geweet het weg gegooi. Dit is tog waar van my gedigte begin het. By die groot niks waar enige iets kan gebeur. By hierdie leemte kon ek my “partners in crime” reg kies, die mense wat hierdie pad vir die regte doel saam met my kon loop. Ek het my skaduwee gejag tot ek haar gevang het. Ek het vir myself gelag. Dit was beter as om myself te verbrysel omdat party van die gedigte nie perfek was nie en toe maak dit nie meer saak of dit perfek is nie, dit was my kans om dit wat ek goed kan doen neer te pen. Soms het ek net gegaan waar die woorde my vat. Ek het rose gehad met dorings en dorings met rose, het dorings rose?
Skielik is my passie ’n ambag, my medium het bestaan uit woorde, hoeveel woorde ken ek? Hoeveel woorde kan ek maak.
Ek het geleer dat misverstande in die hart lê van die stories wat ek probeer vertel.  Dit was ’n speurtog tot die betekenis van taal. Ek het ou woorde gesoek en nuwe woorde en na woorde wat presies moes sê wat ek wou sê en ek moes hulle so inpas sodat ek presies kon sê wat gesê moes word.
Met so baie digters en soveel geleenthede wat ek by digters kon leen moes ek iets nuuts skryf, nie iets oorskryf nie, dit is plagiaat en boring. Ek het gespeur ek het gesoek ek het mense opgespoor wat ek nie eers geweet het bestaan meer nie, elke een wat nog ’n storie kon bring, nog iets kon vertel. Hierdie is mense en stukkies waaruit my hart bestaan.
Hoekom skryf ’n mens ’n Afrikaanse gedigte boek, een waarvoor daar geen mark is nie?
Dit is die dankie sê vir die wat kom groet het, vertel het, ondersteun het. Vir die wat liefde gegee  het en geneem het, wat kom vertrap het en spore gelos het. Dit bring herinnering aan die wat ons wil onthou, die wat nie meer met ons nie, ons engele in die hemel. My geleentheid om stories te vertel op die beste oorspronklike manier wat ek kan.
En as jy nou alles verstaan nie, moenie bekommer ek verstaan ook nie alles nie......

Friday, 7 June 2013

Wat is ’n ouma?

’n tannie wat nie haar eie  "klein" kinders het nie.
Sy hou van ander mense se klein seuntjies en dogtertjies.
Sy hou van stap en sê nooit maak gou as ons stop om na ’n wurm of blaar te kyk nie.
Oumas’ hoef nie slim te wees nie, hulle moet darem vrae soos "hoekom het God nie ’n vrou nie" kan antwoord.
Oumas’ dans op liedjies tot kinders slaap en gee nie om as hulle hare na vis ruik nie.
Hulle leer jou dissipline, speel saam met jou pop en kam jou luise uit. Hulle maak jou bang met sakaboela en wanneer jy ’n tiener is, is hulle die persoon met wie jy jou hartsake kandeel.
Hulle troos met gekreukelde hande en word soveel gouer siek.
Oumas’ is engele wat op aarde geplaas word om ons op die regte pad te hou.

Ek is gereeld spyt oor die tyd wat ek gemors het toe en ’n kind was. Kan ek nie  maar net geweet het wat ek nou weet toe ek vyf was nie.
My ouma was die tweede skat in my lewe, ek onthou hoe baie ek vir haar gaan kuier het maar ek kon nooit die ware waarde van die wonder vrou verstaan het nie.
En eers toe ek groot word toe gebeur die onvermydelike en sterf ’n deel van my toe ek langs ’n graf moes afskeid neem van my aardse engel.
Sy verruil die aardse lewe vir een sonder gebrek, sonder pyn en sonder kommer, maar los vir my skatkis gevul met passie, ’n les en ’n kans.
En dit was reeds hier by die einde,die begin van ’n nuwe pad wat nou Stukkie van my Hart is.